Op Spekboomberg word daar met gebalenseerde Merino`s geboer wat 60% vleis en 40% wol produseer. Ons probeer streef na maksimale vleis en wol produksie. Die Merino is vir ons `n uitstekende dubbeldoel skaap wat goed in ons boerdery omstandighede inpas. Reproduksie is vir ons van kardinale belang om soveel lammers moontlik te laat lam en groot te maak. Ons merino skape kom van ons voor ouers Zeiss Jordaan. Oupa Zeis het gestreef vir meerlinge en dit goed reg gekry deur beter vir sy tweeling ooie te kyk. Die gevolge was dat meer meerling diere in die stoet ingekom het en so `n baie vrugbare skaap geteel. Daar word tot lampersentasie van 168% bereik deur genetika, voeding en bestuur. Ooie is net drie maande van die die jaar op weidings dit is wanneer ooie lam. Die res van die tyd loop hulle in die veld wat wissel van die soetste veld tot die suurste.
Suurveld aangepaste ramme produksie veiling 28 Julie 2016
Lamseisoen Herfs 2016
Hoggets skeer Mei 2016
Prestasie Toetsing Ramme Produksie Veiling Februarie 2015
Skeer stoetooie Februarie 2014
Droe Stoetooie
Prestasie Toetsing Merino Ramme Produksie Veiling Augustus 2014
Prestasie toetsing Merino ramme Produksie veiling Februarie 2014
Skeertyd Stoetooie Julie 2013
Merino Herfs Lammers 2013
Laproskopie seisoen Herfs 2013

merino_wool.pdf | |
File Size: | 409 kb |
File Type: |